> Slimkoppe wys hul staal in nasionale Bybelvasvra

Slimkoppe wys hul staal in nasionale Bybelvasvra

Laerskool Elarduspark in Pretoria het met die eerste en derde prys in die laerskoolafdeling van die Rapportryersbeweging (RRB) se Nasionale Bybelvasvrawedstryd weggestap.

Laerskool Randhart van Alberton het die tweede plek ingeneem. Die eindronde van die kompetisie het die naweek by die ATKV Klein Kariba naby Bela-Bela (Warmbad) plaasgevind.

Die RRB het vanjaar vir die 44ste jaar een van die land se grootste Bybelvasvrae aangebied. Die Bybelvasvra is ? vlagskipprojek wat in 1977 deur die RRB van stapel gestuur is om Bybelkennis by jong mense reg oor die land te bevorder.