> Uitdunrondte van die Rapportryers se Bybelvasvra

Uitdunrondte van die Rapportryers se Bybelvasvra

Jakaranda Rapportryers het Maandag 21 Augustus, die eer en voorreg gehad om in Pretoria, die uitdunrondte van die Rapportryers se Bybelvasvra aan te bied. Agtien spanne het aan die uitdunrondte deel geneem.

Die verrigtinge het plaasgevind by Laerskool Elarduspark, ons opregte dank aan die personeel van Laerskool Elarduspark, vir die beskikbaar stelling van hul fasiliteite, asook verversings en voorbereiding vir die uitdunrondte. Die RRB waarder dit opreg.

Getrou aan tradisie, was die gees en gesindheid waarin die uitdunrondte plaasgevind het, werklik 'n belewenis om te ervaar. Die onderskeie spanne was duidelik baie gemotiveerd, die spanning was duidelik, wat egter uitstaande was, is dat die spanne die uitdunrondte geniet het, die Bybelvasvra ervaring was nie net vir die spanne en afrigters baie lekker nie, maar ook vir 'n ieder en elk wat teenwoordig was.

Die RRB sien uit na die bekend stelling van die top 10 spanne nasionaal wat deurdring na die finaal by Klein-Kariba, 20 en 21 Oktober 2023. Verseker gaan daar spanne wees wat gisteraand by Elarduspark deel geneem het. Ons sien uit om julle daar te sien.

Baie sterkte en voorspoed met jul voorbereiding vir die finaal, mag dit vir almal 'n onvergeetlike ervaring wees.

Johan Roos