Bybelvasvra

Wat behels dit:

Die Rapportryers se Nasionale Laerskole en Hoërskole Bybelvasvra vind jaarliks plaas!

Daar bestaan geen ander Christelike aktiwiteit waarvan ek bewus is waar leerders vanaf Graad 4 tot 11 soveel tyd met die Woord van God spandeer nie. Die inhoud wat hulle leer is in Afrikaans en daardeur leer hulle korrekte Afrikaanse taalgebruik, spelling en sinskonstruksie uit seker die mees taalversorgde geskrewe werk in die Afrikaanse taal.

Honderde leerlinge spandeer van Februarie tot Oktober weekliks ure in die Bybel saam met hul onderwysers en ouers om al die inligting te memoriseer.

Die wenners van die 2025 Nasionale Bybelvasvra Kompetisie vir Laerskole: Laerskool Mooirivier.
Die wenners van die 2025 Nasionale Bybelvasvra Kompetisie vir Hoërskole: Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma 1.