> ERFENIS IS GROOT

ERFENIS IS GROOT

Op 16 Desember 1838 is ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die Afrikaner geskryf, toe 464 Voortrekkermans teen ongeveer 15 000 Zoeloes te staan gekom het tydens die Slag van Bloedrivier.

Vandag staan die Bloedrivier-erfenisterrein (BR) trots sy plek vol as ’n herinnering van die opofferings wat ons voorouers gemaak het om vir ons ’n toekoms in Suid-Afrika te bou. BR is nie net ’n toeristeaantreklikheid nie, maar ’n blywende herinnering van die Afrikaner se verhouding met die Almagtige God en word vandag steeds jaarliks deur duisende mense besoek.

Daarom is dit belangrik om hierdie terrein te onderhou om te verseker dat die verhaal van die Afrikaner se Geloofsprong hiér kan voortleef.